Boodskap aan Afrikaners en Boere, neem nou die Swaard van die Gees op

afrikaners

Stemboodskap uitgestuur 19/11/2020 gerig aan die Afrikaner en spesifiek die boere soos van God ontvang op 17 en 18 Nov 2020. Stuur asb verder aan soos die Here jou lei. Hier is die link op Facebook as jy dit daarvandaan wil deel, of deel van heel onder deur op die verskillende blokkies te klik.

Begin in die Gees oorlog voer met die swaard van die Gees (Woord van God)

God sê ons moet sy Woord (die waarheid) hardop verklaar oor ons en ons geliefdes. God het die aarde met sy woorde geskape (Genesis 1) en ons is in sy beeld gemaak. Ons stryd is nie teen mense en vlees en bloed nie. Ons moet met die Woord van God oorlog voer, en nie met menslike wapens nie. Gebruik die onderstaande skrifgedeeltes om oorlog te voer deur dit hardop oor jou en jou gesin, land en volk te verklaar elke dag. Laai ‘n pdf af deur op die groen pyl te druk.

JESAJA 43:19
Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn ‘n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.

EFESIËRS 6:11-18
Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God. Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.

JESAJA 54:17
Geen wapen wat gesmee word om jou aan te val, sal iets uitrig nie; elkeen wat vals teen jou getuig, sal gestraf word. Dit is hoe Ek, die Here, vir my dienaars sorg. Ek laat geregtigheid aan hulle geskied, sê die Here.

SAGARIA 4:6
Toe sê hy vir my: “Hier is die boodskap van die Here aan Serubbabel: Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige.”

PSALM 91: 1-2
Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”

PSALM 91: 5-6
Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag of vir aanvalle oordag, vir pes wat in die donker toeslaan of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.
Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie.

JAKOBUS 4: 7-10
Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug. Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars. Bekla julle ellende, treur en huil! Laat julle vrolikheid in rou verander en julle blydskap in droefheid. Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

MARKUS 11:23
Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gebeur, vir hom sal dit gebeur.

LUKAS 10: 18-19
Toe sê Hy vir hulle: “Ek het die Satan soos ‘n weerligstraal uit die hemel sien val. Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen.

2 TIMOTEUS 1:7
Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.

Kom ons doen die teenoorgestelde as wat die vyand verwag – begin om vir almal wat ons vervolg en teenstaan in liefde te bid, seën hulle en tree in vir hulle by die Vader vir versagtende omstandighede. En kyk en sien wat die Here in hulle en ons harte te weeg sal bring. Kom Afrikaner, laat ons ‘n voorbeeld wees vir die nasies om in liefde op te tree soos die Woord ons beveel.

MATTEUS 5: 44-45
Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is.

LUKAS 6: 27-28
Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat.
Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.

Ek verklaar die volgende skrifgedeelte oor die Afrikaner volk en Suid-Afrika:

ESEGIËL 37: 9-10
Toe sê die Here vir my: “Praat nou as profeet met die gees, tree op as profeet, mens, sê vir die gees: So sê die Here my God: Kom uit die vier windstreke, gees, blaas in hierdie dooies in dat hulle kan lewe.”
Ek het as profeet opgetree soos die Here my beveel het, en toe kom die gees in hulle, en hulle lewe en gaan staan regop. Dit was ‘n baie groot menigte.

Spread the hope