Boodskap aan Afrikaners en Boere, neem nou die Swaard van die Gees op

Message for a specific people group in Afrikaans, their native language.

Belangrike boodskap aan die Afrikaner en spesifiek die boere soos ontvang op 17 en 18 Nov 2020. Ons geveg is nie teen mense, vlees en bloed nie. (Efesiërs 6) Ons kan nie met menslike wapens teen die geweld, plaas aanvalle, droogte, finansiële krisis en ander omstandighede veg nie. Dit is tyd dat jy weet hoe om jou swaard in die Gees te gebruik. Het al jou ander planne en metodes tot dusver geslaag? God sê Hy gaan iets nuuts doen, dit is op die punt om te gebeur (Jes 43:19). Om ‘n ander resultaat te kry moet jy jou optrede en geveg strategie verander, Afrikaner. Gee alles oor aan God, gee Hom toestemming om oor te neem en neem die Swaard van die Gees, die Woord van God op. Luister asb na die stemboodskap en hoor en spreek die strategie van bo af. Ek roep ‘n volk om op te staan in die volheid van sy doel aan die suidpunt van Afrika.

Stemboodskap uitgestuur 19/11/2020 stuur asb aan vriende en familie en spesifiek die boere maar is op almal van toepassing.

Read More